Bartolomeus (apostel)

Bartolomeus die Apostel

Sint Johannes en Bartolomeus (regs) deur Dosso Dossi, 1527
Apostel en martelaar
Gebore 1ste eeu n.C., Cana, Galilea, Romeinse Ryk
Sterfte 1ste eeu n.C., Albanopolis, Koninkryk van Armenië
Feesdag 24 Augustus (Westerse Christendom)
11 Junie (Oosterse Christendom)

Bartolomeus (Aramees: ܒܪ ܬܘܠܡܝ; Antieke Grieks: Βαρθολομαῖος (geromaniseer: Bartholomaîos); Latyn: Bartholomaeus; Armeens: Բարթողիմէոս; Kopties: ⲃⲁⲣⲑⲟⲗⲟⲙⲉⲟⲥ; Hebreeus: בר-תולמי (transliterasie, bar-Tôlmay); Arabies: بَرثُولَماوُس (geromaniseer: Barthulmāwus) ) was ingevolge die Nuwe Testament een van die twaalf apostels van Jesus. Hy is ook geïdentifiseer as Nathanael of Nataniël,[1] wat in die Evangelie volgens Johannes verskyn wanneer hy bekendgestel word aan Jesus deur Filippus (wat ook 'n apostel sou word; Johannes 1:43–51), alhoewel verskeie moderne kommentators die gelykstelling van Nathanael met Bartolomeus verwerp.[2]

Volgens die Synaxarium van die Koptiese Kerk word Bartolomeus se martelaarskap herdenk op die eerste dag van die Koptiese kalender (d.w.s. die eerste dag van die maand van Thout), wat tans val op 11 September (dit kom ooreen met 29 Augustus in die Juliaanse kalender). Die Oosterse Christendom herdenk hom op 11 Junie en die Katolieke Kerk op 24 Augustus. Die Kerk van Engeland en ander Anglikaanse Kerke eer hom ook op 24 Augustus.[3]

Die Armeense Apostoliese Kerk herdenk Bartolomeüs saam met Sint Thaddeus as hul beskermheiliges. Bartolomeus is Afrikaans vir Bar Talmai; (Grieks: Βαρθολομαῖος, getranslitereer as Bartholomaios in Grieks) dit kom uit die Aramees: בר-תולמי "bar-Tolmay", Hebreeus: "seun van Talmai", of boer, "seun van die vore".[4] Bartolomeus word gelys as een van die Twaalf Apostels van Jesus in die drie sinoptiese evangelies: Matteus,Markus, en Lukas, en verskyn ook as een van die getuies tot die Hemelvaart van Jesus; tydens elke geleentheid word hy egter genoem in die teenwoordigheid van Filippus. Hy word nie genoem onder die naam "Bartolomeus" in die evangelie van Johannes nie, en ook is daar nie 'n vroeë Acta Sanctorum nie,[lower-alpha 1] die vroegste is geskryf deur 'n skrywer, Pseudo-Abdias, wat die identiteit van Abdias van Babilon aangeneem het en aan wie die Sint-Thierry- (Reims, Bibl. mun., ms 142) en Pseudo-Abdias manuskripte toegeskryf word.[5][6]

In die kunste word Bartolomeus meestal uitgebeeld met 'n baard en krullerige hare ten tyde van sy martelaarskap. Ingevolge die legendes is hy lewendig ontvel en onthoof, en derhalwe word hy dikwels uitgebeeld waar hy sy vel of die gebuigde flensmes waarmee hy ontvel is vashou.[7]

  1. Green, McKnight & Marshall 1992, p. 180.
  2. Smith 1999, p. 75.
  3. Damo-Santiago 2014.
  4. Butler & Burns 1998, p. 232.
  5. Fabricius 1703, p. 341.
  6. Lillich 2011, p. 46.
  7. Bissell 2016.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search